Digitale transformasie onder die loep

‘n Ekonoom sê digitale transformasie in die finansiële dienste-sektor is belangrik. Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, bied die tweede FinTech Square-geleentheid op 10 en 11 Mei in Windhoek aan. Die tema is ‘Innovate, Collaborate, Elevate: Towards digital transformation in the financial services sector’. Registrasie op Namfisa se webwerf het vandag begin en sal op 20 April eindig. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, gepraat…