Man City boaan Kampioeneliga
Die verdedigende kampioene Manchester City het met ‘n agterstand van twee doele terugbaklei om RB Leipzig met drie-twee te klop en bo aan Groep G van die Kampioeneliga te eindig. RB Leipzig se doelskopper Lois Openda het binne 40 minute twee doele aangeteken, maar City het in die tweede helfte teruggeveg met doele deur Erling Haaland, Phil Foden en Julian Alvarez. Barcelona was een doel agter, maar kon uiteindelik FC Porto met twee-een verslaan vir ʼn plek onder die laaste 16. In Groep F moes Newcastle tevrede wees met ʼn gelykop-telling van een elk teen Paris Saint-Germain.