COP28 se nodige teikens eintlik onhaalbaar

Die uitdagings by die COP28-vergadering wat môre in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate begin is reus. Nie net is daar reeds omstredenheid omdat die president van die COP die hoof is van ‘n oliemaatskappy nie, daar is ook ‘n ondersoek wat toon dat die platform gebruik sal word om nuwe oliekontrakte los te slaan. Nietemin, 70 000 afgevaardigdes, wat almal by dra tot die massiewe koolstofvoetspoor van die byeenkoms, sal op Dubai neersak om doelwitte te stel. Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds Kristalina Georgieva het die werklikheid daarvan so verwoord.