Man boei homself aan Buckingham-hekke vas

Die polisie het gereageer nadat ‘n man homself aan die hekke van Buckingham-paleis, koning Charles en koningin Camilla se amptelike koninklike woning in Londen, vasgeboei het. Beamptes in die omgewing het die man, vermoedelik in sy 30’s, onmiddellik genader en dis toe wat hy begin dreig om homself skade aan te doen. Beamptes het uiteindelik die man laat bedaar en hy is gearresteer op die vermoede dat hy in besit was van ‘n wapen. Hy is eers vir ‘n mediese ondersoek geneem voor hy in hegtenis geneem is. Charles en Camilla was nie tuis nie, hulle is steeds op besoek aan Skotland.