Man agt jaar tronk toe oor plundery in KZN

‘n Man is tot agt jaar tronkstraf gevonnis weens die plundery in KwaZulu-Natal in Julie verlede jaar. Die streekhof in Durban het Njabulo Ncube vroeër skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel, en diefstal. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê die voorval het tydens die openbare geweld en plundering in die provinsie en Gauteng plaasgevind.