Brand verwoes Oasis Supermark in Walvisbaai

Die Oasis Supermark, bekend as ‘oom Colin se winkel’ onder die Narraville-gemeenskap van Walvisbaai, is heeltemal in ‘n brand vernietig. Volgens inligting is die brandweer omstreeks een-uur vanoggend van die brand in kennis gestel. Die brand het die winkel heeltemal vernietig en die woonstelle aan die agterkant van die gebou effens beskadig. Die voorste stoor-area sowel as die poskantoor het geen skade gely nie.