Man aangekeer na moord op Britse parlementslid

‘n Man is vir beweerde moord in hegtenis geneem ná ‘n lid van die Britse Parlement gister doodgesteek is. ‘n Polisiewoordvoerder sê die 69-jarige David Amess het mense in sy kiesafdeling in die kusdorp Leigh on Sea, in die suid-oostelike Engelse graafskap Essex ontmoet toe die aanval plaasgevind het. Die polisie het op ‘n mes beslag gelê ná die verdagte in hegtenis geneem is. Die voorval word as ‘n daad van terrorisme beskou. Die polisie soek nie na enigiemand anders in verband met die moord nie.