Man, 57, verkrag blykbaar meisie, 7, terwyl hy op borg vir verkragting is

Die Namibiese polisie sê ‘n 11-maande baba seun is per ongeluk doodgery deur ‘n 48-jarige man in die Oshandumbala-nedersetting in Oshana. Die man het die voertuig in tru-rat gesit om die erf te verlaat en die kind was agter die motor. In Omusati ondersoek die polisie die verkragting van ‘n meisie, 7, deur ‘n 57-jarige man op Ontanda. Die man is blykbaar die huishulp van die slagoffer se bure. Die streekskommissaris Ismael Basson sê die man is tans op borg vir dieselfde oortreding. En op Walvisbaai was daar in die vroeë oggendure ‘n noodlottige ongeluk waarby drie voertuie betrokke was. Twee van die voertuie het aan die brand geslaan. Geen verdere inligting is bekend nie.