Drie SA-spanne teken VRK-oorwinnings aan

Die terugkerende Springbokke in die Haaie se span het die verskil gemaak en hulle gehelp om gisteraand tien drieë teen die Dragons in Durban te druk vir ‘n groot pak slae. In hulle eerste oorwinning van die Verenigde Rugby-kampioenskap dié seisoen het die Haaie met 64-14 geseëvier. Die heelagter van die Bulle, Willie Le Roux, het vroeër sy buiging met ‘n drie gemaak om die span te help met ‘n bonuspunt-oorwinning van 53-27 teen Connacht op Loftus. Die Leeus het die besoekende Zebre’s oorheers met ‘n oorwinning van 61-19. Die gashere het nege drieë teen die Italianers se drie aangeteken.