Man, 29, sal verskyn vir moord, roof en verkragting van vrou, 64

Die Namibiese polisie ondersoek ‘n saak van moord en verkragting na die 64-jarige Helena Wimmert half naak in Blok A op Rehoboth gevind is. Haar keel is afgesny en sy is beroof. Die polisie sê ‘n 29-jarige Namibiese man is gearresteer en sal na verwagting vandag in die hof op die dorp verskyn. ‘n Lykskouing sal uitgevoer word om die verkragtingklag te bevestig.