Mamatlakala-brug ongeluk slagoffers geïdentifiseer
Die oorskot van 42 slagoffers wat in die busongeluk by die Mamatlakala-brug tussen Mokopane en Marken gesterf het, is geïdentifiseer. Die Limpopo-gesondheidsdepartement sê dit is deur middel van DNS-monsters gedoen. Die woordvoerder van die departement, Thilivhali Muavha, sê repatriasie-reëlings vir die slagoffers se oorskot sal Maandag gefinaliseer word.