Rwanda en DRK kibbel oor grens

Die Demokratiese Republiek van die Kongo moet ‘n klag by die Internasionale Geregshof indien oor Rwanda se versuim om sy grens te respekteer. Dit is volgens die Belgiese ambassadeur in die Kongo, Roxane de Bilderling. Sy het gepraat tydens ‘n vergadering oor die verdiepende krisis in die ooste van die land. Die Kongo sukkel om M23-rebelle terug te stoot sedert hulle ‘n offensief in 2022 geloods het. Die Kongolese regering, VN-amptenare en Westerse moondhede beskuldig Rwanda daarvan dat hy ondersteuning bied vir M23, maar Rwanda ontken dit.