Mali, Burkina Faso waarsku militêre aksie in Niger is ook aanval op hulleAugust 1, 2023
Die President van Tsjad, Mahamat Idriss Déby het samesprekings gevoer met die leier van die militêre groep wat verlede week ‘n staatsgreep in Niger uitgevoer het. Hy het ook gepraat met die afgesette President Mohamed Bazoum wat steeds gevange gehou word. Déby het tydens die Ecowas-beraad in Abuja in Nigerië onderneem om as bemiddelaar tussen die militêre junta en Bazoum op te tree. Die staatsgreep-leiers sal waarskynlik aansluiting vind by Déby omdat hy nie ‘n verkose president is nie, maar ‘n militêre leier wat oorgeneem het na die dood van sy pa. Intussen het beide Burkina Faso en Mali gesê enige militêre ingryping teenoor die staatsgreepleiers, as ‘n aanval op hulle ook geag sou word.