Malema vra stadions moet oopgestel word

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die departement van sport, kuns en kultuur moet ‘n leier hê wat die dinamika van sport verstaan. Malema het die skare toegespreek tydens ‘n betoging voor die departement se kantore in Pretoria en vra dat stadions oopgestel word. Malema sê ook inwoners van Tshwane moet vroulike informele handelaars ondersteun.