Malema sê SA se werkloosheid kan opgelos word deur grondbesit

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê Suid-Afrika se werkloosheidskrisis kan opgelos word deur grondbesit. Hy het ondersteuners toegespreek buite Remgro se kantore in Stellenbosch, en gevra grond moet beskikbaar gestel word aan swartmense in die land. Die EFF herdenk 6 April as die dag waarop Suid-Afrika se probleme begin het met die aankoms van Jan van Riebeek in 1652.