Malema sê Ramaphosa moet oor Marikana vervolg word

Die leier van die EFF, Julius Malema, het ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag gedoen om President Cyril Ramaphosa te vervolg vir die dood van 34 myners tydens die loononderhandelings-betogings by Marikana nege jaar gelede. Hy het in Johannesburg gepraat by ‘n gedenkgeleentheid aangebied deur die mynwerkersvakbond Amcu. Malema sê as die NVG Ramaphosa nie gaan vervolg nie, sal die EFF dit self doen.