Malawië het kragonderbrekings van 19 uur

Die Malawiese regering het aangekondig die land gaan elke Sondag tot einde Oktober kragonderbrekings van tot 19 uur ervaar. Die aankondiging volg terwyl die land vir etlike maande reeds sukkel om die ligte aan te hou. Die kragopwekkingsmaatskappy, EngenCo, en die Elektrisiteits-voorsieningskorporasie van Malawi sê die kragonderbrekings is die gevolg van beplande instandhouding van sy kragstasies. Die voormalige minister van myne en energie, Grain Malunga, sê Malawi het lae opwekkingsvermoë.