Malawi pos sy werklose jeugdiges elders, ook Israel

Die regering van Malawi het aangekondig hy stuur sy werklose jeugdiges na verskeie lande, insluitend Israel, om op plase te werk. Die arbeidsverslagprogram is ‘n inisiatief van die regering in samewerking met die privaatsektor om die staat se verbintenis tot werkskepping en jeugbemagtiging tot uitvoering te bring, soos aangespoor deur die president Lazarus Chakwera. Die minister van arbeid, Wezi Kayira, sê wat betref die arbeidsuitvoerprogram na Israel, gaan jongmense by gesertifiseerde en goedgekeurde plekke werk wat as veilige omgewings geklassifiseer is.