Mosie vir ontbinding van Jhb-raad aan die einde van maand

Die DA in Johannesburg het amptelike bevestiging gekry sy mosie om die Johannesburgse raad te ontbind, is deur die programkomitee goedgekeur en gaan teen die einde van die maand ter tafel gelê word. Belinda Kayser van die DA sê dit is deurslaggewend vir die politieke landskap in die stad. Sy voeg by Johannesburg het ongelukkig sinoniem geword met kaderontplooiing, vrugtelose en verkwistende uitgawes en stelselmatige vermyding van aanspreeklikheid: