Malaria-gevalle neem toe in Limpopo

Limpopo se LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, het inwoners gevra om pro-aktief te wees met die voorkoming van malaria aangesien die provinsie ‘n toename in gevalle ondervind. Twee sterftes en 406 gevalle is sedert die begin van die malaria-seisoen aangemeld. Ramathuba sê die departement bly bekommerd al is die syfers laer as ‘n jaar gelede. Sy sê 42 malaria-spanne is oor die hele provinsie ontplooi om die verspreiding van die siekte te beheer. Namibië is tans besig met sy malaria-bespuitingsveldtog en wil malaria teen 2023 ten volle uitwis.