Malango gesels oor toekoms van diamante

Die uitvoerende hoof van die Namibiese kamer van mynwese Veston Malango sê die diamantbedryf sal aanhou om baie goed te presteer. Sy aanmerkings kom na die tweede jaar wat Namdia dividende aan die regering betaal. Die industrie het baie swaar gekry tydens die pandemie as gevolg van inperkings wat verkope gekniehalter het. Malango het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.