Maine-massaskieter dood gevind

Die Maine-massaskieter is dood gevind, vermoedelik as gevolg van selfmoord. Die 40-jarige Robert Card is in die nabygeleë dorpie Lisbon, sowat 15 minute ver van die Lewiston waar die skietery plaasgevind het, laat Vrydagaand gevind. Dit bring ’n 48-uur-soektog tot ‘n einde. Card het Woensdagaand toegeslaan by  ‘n rolbalbaan en restaurant in Lewiston in die ergste massa-skietvoorval in die deelstaat. Die amptelike dodetal is na 18 toe aangepas na vorige berigte van 22 wat geskiet is.