Maimane kla ook oor kieswetwysiging

Build One South Africa verwerp President Cyril Ramaphosa se besluit om die Verkiesingswysigingswetsontwerp te onderteken. Die gewysigde kieswet laat onafhanklike kandidate nou toe om in provinsiale en nasionale verkiesings te staan. Build One SA se leier, Mmusi Maimane, sê hulle ondersteun die besluit deur ‘n groep burgerlike organisasies om die wetgewing in die Konstitusionele Hof uit te daag omdat dit volgens hulle onredelik, onregverdig en ongrondwetlik is. Hy sê die land het ‘n nuwe kiesstelsel nodig wat jongmense sal lok om by die demokratiese gesprek betrokke te raak.