Maia, die waterskilpad, kom veilig in Mosambiek aan

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Mariene-Biologiese Navorsing sê ‘n beseerde groen waterskilpad, wat in Desember 2020 gered is, het Mosambiek suksesvol bereik ondanks die feit dat een van haar vinne vermis is. Die vereniging sê Maia is gevind met ‘n plastieksak om haar linker-voorste vin wat haar bloedsomloop verswak en ernstige nekrose veroorsaak het. Maia is vir twee jaar by die vereniging se seeskilpad-hospitaal, uShaka Sea World, gerehabiliteer en later weer in die Isimangaliso-vleilandpark vrygelaat.