Brasilië gaan 1 200 oproeriges aankla  

Brasiliaanse owerhede het vyf dae om meer as 1 200 mense aan te kla wat in hegtenis geneem is oor die teen-regeringsonluste in die hoofstad, Brasilia. Sowat 1 500 mense is aanvanklik aangehou nadat duisende ondersteuners van oud-president, Jair Bolsonaro, die presidensiële paleis, die kongres en die hoërhof bestorm het. ‘n Groot ontplooiing van veiligheidsmagte bly van krag weens kommer oor ‘n herhaling van die chaos. Daar is ook vrese dat nog saamtrekke gereël sal word.