Mafia-klopjag in Spanje, Italië

Spaanse en Italiaanse polisie het 106 mense in hegtenis geneem wat na bewering betrokke is by geldwassery vir Mafia-groepe en miljoene euro’s in aanlyn skelmstreke maak. Die meeste verdagtes is Italiaanse burgers en die meeste inhegtenisnemings is op die Spaanse Kanariese eiland, Tenerife, gemaak. Die Europese Unie se wetstoepassingsagentskap, Europol, sê die groep het verlede jaar sowat 173 miljoen Namibiese dollar wins gemaak.