Mafe sal oor ‘n week borg vra

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, Eric Ntabazalila, het bevestig dat die Zandile Mafu, die vermeende brandstigter by die parlementêre-kompleks in Kaapstad, se borgaansoek sal eers volgende Saterdag plaasvind. Dit is as gevolg van die verwysing van Mafu vir psigiatriese waarneming wat eers deur sy regspan uitgedaag moet word. Dié aansoek sal Dinsdag plaasvind. Die jongste waarnemings dui aan dat hy aan skisofrenie ly. Daar is talle vrae om die saak, veral omdat Mafu in Khayalitsha woon en oudpresident Jacob Zuma se senior advokaat, Dali Mpofu hom verdedig.