Madonsela wens nuwe Openbare Beskermer geluk

Die voormalige Openbare Beskermer in die buurland, Thuli Madonsela, sê Kholeka Gcaleka se aanstelling in die posisie is welverdiend. President Cyril Ramaphosa het Gcaleka se amptelike aanstelling aangekondig ingevolge ‘n parlementêre besluit. Sy sal ‘n nie-hernubare termyn van sewe jaar dien. Madonsela het Gcaleka gelukgewens en sê haar professionaliteit, standvastigheid en skerpsinnigheid sal haar help om alles te hanteer wat die lewe oor haar pad bring. Madonsela sê Gcaleka is nou die hoof van een van die instellings wat ‘n anker is van Suid-Afrika se demokrasie.