Madiba se dogter dagvaar vir erfstukke

Nelson Mandela se oudste dogter, Makaziwe Mandela-Amuah, het ‘n regsgeding van stapel gestuur teen die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronne-agentskap oor die verkoop van haar pa se goedere. Volgens Mandela-Amuah tree die agentskap teen sy funksies op met sy aanspraak op haar privaat eiendom. Die agentskap en die Departement van Kuns en Kultuur wil verhoed dat sy die goedere uitvoer. Die agentskap se woordvoerder, Ben Mwasinga, sê hulle doel is nie om die eienaarskap van die wyle president se items te betwis nie: