Madiba is volksbesit, ‘n deel van SA se erfenis

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, sê oud-president Nelson Mandela is ‘n integrale deel van die Suid-Afrika se erfenis. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap het verlede maand, saam met die departement en die Robbeneiland-museum, ‘n appèlaansoek ingedien oor die Hooggeregshofbeslissing oor die ongeoorloofde uitvoer van items vir tentoonstelling of verkoop, wat met Mandela assosieer word. Die departement se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê terwyl die saak steeds voor die hof dien, het hulle met kommer kennis geneem van die beplande veiling van items wat die staatsman verbind word: