Tshisekedi in DRK ingesweer

Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Felix Tshisekedi, is vir ‘n tweede termyn van vyf jaar ingesweer ná ‘n groot oorwinning wat sy opponente geweier het om te erken weens wydverspreide onreëlmatighede oor die algemene verkiesing in Desember. Owerhede het erken dat daar probleme was, maar het die bewerings dat daar korrupsie was, van die hand gewys. In ‘n toespraak het hy die nasie se hoop vir beter lewensomstandighede en ekonomiese geleenthede erken. Ongeveer 62 persent van die Kongo se 100 miljoen mense leef op minder as ‘n Amerikaanse dollar per dag.