Madeleine Albright sterf op 84

Die eerste vroulike minister van Buitelandse Sake in Amerika, Madeleine Albright, is op 84 jaar aan kanker dood. President Bill Clinton het haar as minister aangestel en sy het die pos van 1997 tot 2001 beklee. Haar familie beskryf haar in ‘n verklaring as ‘n ywerige voorstander van demokrasie en menseregte. ‘n Woordvoerder van die departement, Ned Price, sê Albright het wêreldwyd groot indruk gemaak: