Madagaskar se minister afgedank omdat hy teen Rusland by VN stem

Madagaskar se President Andriy Rajoelina het sy minister van buitelandse sake afgedank omdat hy by die Verenigde Nasies gestem het om Russies-georganiseerde referendums te veroordeel om vier streke in die Oekraïne te annekseer. Verlede Woensdag het die VN se Algemene Vergadering oorweldigend gestem teen die anneksasie. Amptenare sê Richard Randriamandrato, is afgedank omdat hy een van diegene was wat die anneksasie veroordeel het. Baie lande, veral die in Afrika is in ‘n moeilike diplomatieke posisie geplaas met die oorlog. Baie het ‘n ingewikkelde geskiedenis van betrekkinge met die Weste en die voormalige Sowjetunie sowel as belangrike ekonomiese bande met Rusland.