Macron sê Morrison het gejok

Frankryk se president, Emmanuel Macron, beweer Australië se eerste minister, Scott Morrison, het vir hom gejok oor die duikbootooreenkoms met Amerika en Brittanje. Media berig Macron was woedend nadat Australië sy ooreenkoms gekanselleer het vir die bou van 12 duikbote, en in die plek daarvan ‘n nuwe transaksie – die sogenaamde Aukus-ooreenkoms – met Amerika en Brittanje aangegaan het. Morrison sê hy het nie vir die Franse president gejok nie, maar slegs gesê die gewone duikbote voldoen nie aan Australië se strategiese behoeftes nie.