Macron moedig Franse aan om te oefen

President Emmanuel Macron moedig die Franse aan om elke dag te begin oefen terwyl Parys voorberei om die Olimpiese en Paralimpiese Spele aan te bied. Hy het ʼn videosnit van homself geplaas op X, voorheen Twitter. In ʼn T-hemp, bokshandskoene oor sy skouer en met ʼn slaansak in die agtergrond moedig die president sy landgenote aan om elke dag minstens 30 minute lank te oefen. Met 200 dae wat oorbly voor die Spele op 26 Julie begin, sê Macron die regering bevorder vanjaar sport. Dit sluit in die bevordering van liggaamlike opvoeding in skole.