Macron: Chinese President moet Russies-Oekraïnse oorlog help beëindig

Die Franse President, Emmanuel Macron, het tydens sy staatsbesoek aan China sy eweknie, Xi Jinping, versoek om te help om Rusland se oorlog in Oekraïne te beëindig. Macron se besoek word fyn dopgehou omdat die verhouding tussen die Weste en China oor etlike jare getaan het. Hy word vergesel deur hoof van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyden, en ‘n groot sake-afvaardiging. Macron sê Rusland se aggressie teenoor Oekraïne het die internasionale stabiliteit laat wankel en die vrede in Europa die afgelope dekades tot ‘n einde gebring. Hy sê konsensus bestaan dat die oorlog beëindig moet word.