Aandag moet aan visum-agterstand gegee word

Business Leadership South Africa doen ‘n beroep op die regering om aandag te gee aan die visum-agterstand in die land. Die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, het gesê die onsekerheid oor die huidige visum-uitdagings sal beleggings strem, asook verhoed dat mense met uiters belangrike vaardighede na die land gelok word. Sy sê binnelandse sake moet maniere soek om die agterstand te verlig.