Macron bedank held in mesaanval

Die Franse president, Emmanuel Macron, het die held in Donderdag se mesaanval in die suidooste van die land bedank. Vier jong kinders en twee volwassenes is beseer toe ‘n man hulle op ‘n speelterrein in Annecy aangeval het. Henri d’Anselme is op video gesien waar hy die aanvaller met sy rugsak probeer ontwapen en hom toe uit die park jaag. Hy sê die aanvaller, wat later in hegtenis geneem is, het nie normaal voorgekom nie. Macron en sy vrou, Brigitte, het die 24-jarige D’Anselme by die plaaslike polisiestasie ontmoet.