Maatskaplike welsyndienste gedesentraliseer

Die Namibiese ministerie van maatskaplike welsyn het sy regeringsfunksies van maatskaplike welsyn aan die land se 14 streeksrade oorhandig. Adjunkminister, Bernadette Jagger, het haar ministerie verteenwoordig toe sy die funksies aan die voorsitters van die streeksrade afgeteken het. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, sê die streeksrade sal dié noodsaaklike dienste nader aan die mense bring wat hulle moet dien.