Maatskaplike toelae-proses vir weeskinders verbeter

Die departement maatskaplike ontwikkeling in die buurland het die proklamasie van die Wysigingswet op Maatskaplike Bystand in die Staatskoerant gepubliseer. Dit verbeter die maatskaplike bystandsprogram tot voordeel van wees- en kwesbare kinders. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die beleidsingryping bemagtig die minister van maatskaplike ontwikkeling, met die instemming van die minister van finansies, om voorsiening te maak vir bykomende hulp van ‘n 50 persent-verhoging van die kindersteun-toelae vir weeskinders in die sorg van famililede wat kwalifiseer daarvoor.