Maatskaplike oorsigverslag vandag in SA bekend

Die Suid-Afrikaanse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die Wêreldbank stel vandag die bank se oorsigverslag vir maatskaplike hulpprogramme en stelsels in Suid-Afrika bekend. Dit is die eerste van drie webinare oor belangrike onderwerpe wat met maatskaplike hulpverlening verband hou, as deel van Maatskaplike Ontwikkelingsmaand. ‘n Woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die verslag word bekend gestel te midde van hoë werkloosheidsvlakke, voortdurende armoede en swak ekonomiese groei wat deur die Covid-19-pandemie vererger is: