Maatreëls oor bek-en-klouseer in Zambezi-streek gelig

Die Namibiese veeartsenydienste in die landbouministerie het aangekondig dat alle maatreëls oor bek-en-klouseer in die Zambezi-streek met onmiddellike effek gelig is. Dié siekte het in die Kabbe-Suid-kiesafdeling in Oktober uitgebreek. Volgens die hoof-veeartsenybeampte, dr. Albertina Shilongo was die laaste geval op 29 November aangemeld en massa-inentings van 92 persent vir beeste teen bek-en-klouseer het gevolg. Ná drie maande is geen nuwe gevalle aangemeld nie.