SA en Tanzanië moet jeug insluit

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Tanzanië deel ‘n gemeenskaplike motivering rakende maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. Hy het die media toegespreek by die Uniegebou in Pretoria terwyl hy gasheer is vir die Tanzaniese President, Samia Suluhu Hassan. Ramaphosa sê die jeug moet ingesluit word om ekonomiese hervorming op die vasteland te bevorder. Hy het Tanzanië ook geloof vir sy ondersteuning in ‘n tyd waarin Suid-Afrika ondersoek instel na ‘n regverdige energie-oorgang.