Maatreëls onveranderd tot 31 Julie

President Hage Geingob het die huidige maatreëls verleng tot 31 Julie. Daar is geen aanpassings nie. Hy het pas die land toegespreek.

President Hage Geingob het weer ‘n beroep op die publiek gedoen om die Covid-inenting te neem. Hy sê 1,5 miljoen Namibiërs moet geënt wees om kudde-immuniteit te bereik. Hy spreek op die oomblik die land toe oor die nuwe maatreëls in verband met die pandemie.