Maastricht-roof: Een halsnoer, N$500m werd, gesteel

Die twee Belge wat Dinsdagmiddag in Maastricht in Nederland in hegtenis geneem is in verband met ‘n diefstal van juwele daardie oggend by die Tefaf-kunsfees, is reeds vrygelaat deur owerhede. Die twee is met baie moeite in die tonnel voorgekeer. Die tonnel is gesluit en het lang verkeersknope veroorsaak, maar daar is geen bewyse teen die twee nie. Die rooftog is vasgelê op video. Dit het helder oordag plaasgevind en vier mans was betrokke. Twee het lede van die publiek met wapens weggehou terwyl een met ‘n hamer glas stukkend geslaan het en die juwele gegryp het. Volgens wat berig word het hulle net met een stuk weggekom… ‘n geel diamant halssnoer met ‘n beraamde waarde van 26 miljoen Britse pond, of 500 miljoen Namibiese dollar. Die stuk is deur die wêreldbekende Joel Arthur Rosenthal ontwerp.