Maart het ook min reën gebring

Volgens die reënvalbulletin van Maart was daar ‘n algemene afname in reën regdeur die land ervaar. Baie min reën is oor die westelike en suidelike deel van die land waargeneem. Hoë reënval is slegs oor die oostelike deel van die land waargeneem. Die grootste deel van die Weste en Suide het onder-normale reënval gehad, maar normale reënval is oor Ohangwena, Kavango-Wes en -Oos, Zambezi, oos van Otjozondjupa en Omaheke ervaar. Na die lang droë tydperk tydens Februarie was die seisoenale reënval onder-normaal oor suidelike Omusati, Oshana en Kunene, en groot dele van Hardap en Karas. Die res van die land het normale reënval waargeneem. Otjozondjupa-streeksgoewerneur, James Uerikua sê aan Kosmos 94.1 Nuus boere moet na ander boerdery-metodes begin kyk…