Maandag, 26 Februarie wel ‘n vakansiedag

Gerugte wat op sosiale media versprei word dat Maandag, 26 Februarie nie ‘n vakansiedag is nie, is vals. Die inligting-ministerie het vroeër aangekondig dat die staatsbegrafnis van president Hage Geingob op Sondag, 25 Februarie sal plaasvind en dat dit as ‘n openbare vakansiedag verklaar is. Die Maandag daarna is dus ook ‘n vakansiedag. Die inligting-minister, Emma Theofelus, gee ‘n opdatering oor die reëlings rakende die roudiens en begrafnis van president Hage Geingob.