Maak so met moontlike vloede tydens reënseisoen

Nadat die meteorologiese dienste ‘n normale tot bo-normale reënseisoen vir die meeste dele van die land voorspel het, het Stad Windhoek ‘n waarskuwing aan inwoners en besoekers aan die hoofstad uitgereik. Kitsvloede en sterk winde kan in die volgende weke, en moontlik regdeur die reënseisoen voorkom met vloede wat skade aan infrastruktuur en paaie kan verrig, en elektrisiteitsonderbrekings wat kan voorkom. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, Lydia Amutenya, gee raad indien kitsvloede sou voorkom.