Maak so as jy vleis na die hoofstad vervoer

Daar is streng regulasies om permitte van Stad Windhoek te bekom om geslagte vleis in die stadsgrens in te bring. Daar word dikwels by padblokkades op vleis beslag gelê. Volgens die bestaande regulasies kan ‘n persoon vleis in Windhoekse grense inbring met ‘n permit mits dit vir die persoon se eie huishoudelike verbruik is. As vleis egter vir verkoops-doeleindes is, moet dit aan sekere vereistes voldoen. Rina Hough, kommoditeits-analis van die Lewendehawe Produsente-organisasie van die Namibiese Landbou-unie verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus…

Sy voeg by vleis moet in ‘n geskikte voertuig vervoer word.