Dwelms regoor die land die naweek gekonfiskeer

Die Namibiese polisie het verskeie arrestasies oor die naweek gemaak in verband met dwelms. Op Lüderitz het die polisie twee mans, 19 en 21 jaar oud, in hegtenis geneem vir die besit van skunk-dagga en daggasaad. In Hollywood, op Khorixas is daar drie arrestasies gemaak en in twee gevalle is die verdagtes aangekla van die onwettige handel in dwelms. Die polisie het ‘n operasie uitgevoer omdat een van die arrestasies ‘n klopjag op ‘n huis in die woonbuurt was. Op Talismanus is daar ook twee verdagtes in hegtenis geneem, ook vir die besit van dagga. Dwelms raak ‘n toenemende probleem in die land.